2021-11-21 - Laaste Sondag in die Kerkjaar - Bischof Horst Müller

Preek Jesaja 65, 17-25 ) [ Deutsche Predigt ] [ Abkündigungen487.66 KB ]


Getroos, sodat ons kan lewe


2021 11 21 predigt


17. Ek gaan 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde skep; aan die wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie, hulle sal nie onthou word nie.

18. Wees bly, en jubel sonder ophou oor wat Ek gaan skep: Ek gaan 'n Jerusalem skep wat vol blydskap is, sy inwoners sal vreugde hê.

19. Ek sal jubel oor Jerusalem, Ek sal bly wees oor my volk. Daar sal in Jerusalem nie meer iemand gehoor word wat huil of om hulp roep nie.

20. Daar sal geen kind sterf wat maar 'n paar dae oud is nie en geen grysaard wat nie sy jare uitgeleef het nie. As iemand op honderdjarige leeftyd sterf, sal dit beskou word asof hy jonk gesterf het; as hy nie honderd word nie, sal hy beskou word as iemand wat vervloek is.

21. Dan sal mense huise bou en self daarin woon, hulle sal wingerde plant en self die druiwe eet.

22. Hulle sal nie huise bou waarin ander sal woon nie, hulle sal nie wingerde plant waarvan ander die druiwe sal eet nie. My volk sal so oud word soos 'n boom. Dié wat Ek uitverkies het, sal self die vrug van hulle handewerk geniet.

23. Hulle sal hulle nie tevergeefs vermoei nie, hulle sal nie kinders hê vir wie daar rampe wag nie, want hulle sal 'n volk wees wat deur die Here geseënword, hulle en hulle afstammelinge.

24. Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor.

25. Die wolf en die lam sal saam wei, die leeu sal strooi vreet soos 'n bees, en stof sal die kos van die slang wees. Op my heilige berg sal niks verkeerds gedoen word nie, niks vernietig word nie, sê die Here.


Liewe Gemeente,

die kind huil - hoekom, weet ons nie. Maar op Pa se skouers is daar troos en hoop. Ook ons het baie redes om op die Here se skouers te huil. Die situasie in ons land, in ons tyd, persoonlike omstandighede, geweld, onreg - baie redes. Waar vind ons troos? Hoe vind ons troos?

Die teks uit Jesja 65 klink asof God wil troos - of is dit net vertroosting? Niks hiervan het tot dusver gebeur nie. Is dit leë beloftes?

Ons moet die hele hoofstuk lees, sodat ons vestaan waaroor dit gaan.

God is kwaad vir sy volk.

Nadat hulle uit die verbanning terug gekom het, het dit maar net aangegaan soos voorheen - onreg, onderdrukking van armes deur rykes, misbruik van mag deur die regeerders, egbreuk in die huise, geweld. God is op die punt om sy volk te verstoot - vir altyd.

God wil nie ´n einde maak nie

Dan sê die Here dat hy dit wat oorbly, nie wil verwerp nie. Soos ouers wat met hulle kinders geraas het, hulle kamer toe gestuur het, dit nie doen sodat hulle vir altyd daar bly nie. Hulle laat die kind uitkom, verduidelik waaroor die raas gegaan het. Hulle troos, sodat dit beter kan gaan.

Net so sê die Here in vers 8 dat hy nuut wil begin, maar nie met ´n wonderwerk uit die Hemel nie - nee, met die mense wat bereid is om saam met hom te werk.

God wil weer begin

Hierdie nuwe begin vind in Jesus Christus plaas. Jesus roep ons na hom toe. Op sy skouers mag ons bely waar ons versaak het, wat verkeerd geloop het. Hy tel ons op, sê vir ons: Jou sondes is vergewe, ek wil dat jy lewe. Dan fluister hy in ons oor waar ons dinge moet verander, sodat hierdie wêreld ´n beter plek kan word. Die Bergpredikasie (Mat.5-7) is die beste voorbeeld hiervan.

Soos wat ons as Christene Christus navolg, skyn sy lig, werk sy sout in ons tyd en in ons land.

Christus het die wêreld nie verwerp nie - hy wil dat dit beter word - maar hy het Christene nodig om hom na te volg en te lewe soos wat hy dit vir ons gewys het. Ook ons moet die wêreld nie opgee nie - is ons bereid om saam met die Here ´n verskil te maak?


Amen

Horst Müller, Biskop NELCSA, Diese E-Mail-Adresse ist vor Spambots geschützt! Zur Anzeige muss JavaScript eingeschaltet sein!


 

covid 19

Logo and link provide as required by Government Notice No. 417 of the
South African Department of Telecommunications and Postal Services